woensdag 18 juni 2008

1 Korinthiers 13 - Zuid-Afrika

1 KORENTE 13

Al sou ek die tale van mense en van ingele praat,
Maar ek het die liefde galoop geruil vir die haat,
Dan het ek net 'n raaslike paraffienblik gekom raak.

Al was ek so slim dat ek nuwe goeterse kan maak,
Maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat lê,
Dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou sê.

Al gee ek my hele bokke weg, net om te die eer te hê,
Dan sal hierdie dinge my nou nog niks gepataal het nie,
As ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop haal het nie.

Die regtige liefde dié se bek is nooit dik nie,
Jy sien hom nie skinner en jy hoor hom nie klik nie,
Hy skrywe die kwaad ok nie in boekietjies op nie.

Die liefde maak alles mooi toe met hom se sawwe karos,
Tale dié hou op, voorspellings verdo en woorde raak los,
Maar die liefde, dié sal nou tot by die ewigheid toe net so bly staan.

Toe't ek nou 'n kind gewas het, toe't ek sos 'n kind gedink,
En vandag sien ek troewelte in die garra-waters blink,
Maar eendag sal ek die Jirre se hele waarlikheid kom weet.

En nou is dit die geloof en die hoop
en die liefde wat nou bly staan,
Maar net die liefde sal saam met my
na die Jirre se hemel toe gaan.



Die ou Griekwa vertaling
~Hans du Plessis

Geen opmerkingen: